Dit sal dikwels lyk asof die skelmstreek deur jou Facebook-vriend aanbeveel word, sê Carey van Vlaanderen, hoofbeampte van die internet-veiligheidsmaatskappy ESET, Suider-Afrika.

Lees ook: Weet jy dat Facebook ’n versteekte boodskapfunksie het?

Die meeste van die gewildste Facebook-skelmstreke is nie oorspronklik nie en is al tevore in die een of ander gedaante opgemerk. Hier is vyf wenke oor hoe om ’n skelmstreek op Facebook raak te sien voor jy op daardie skakel klik.

1. Pasop as dit jou versoek om dit eers te deel

Swendelaars weet die beste manier om jou sover te kry om op hul skakel te klik, is wanneer ’n ander vriend eerste daarvan gehou of dit gedeel het. Hulle sal jou dus dikwels vra om ’n video of foto te deel nog voor jy daarna gekyk het. In hierdie geval behoort die alarmklokkies te begin lui. As hulle wil hê jy moet dit eers deel, is die moontlikheid groot dit bestaan nie.

Egte webtuistes soek jou mening oor die blad. Hierdie inhoud kan steurende oorsigte wees of dit kan malware (vyandige en indringende sagteware) wees. Dit is nie wat jy soek nie.

2. Lyk dit geloofwaardig?

Skelmstreke op Facebook sal dikwels iets beloof wat ongeloofwaardig is, net om jou uit te vang. In die verlede is byvoorbeeld bewerings geplaas van vissermanne wat dinosourusse of lewende meerminne vang. Enige video wat hul bestaan bevestig, sal jou heel moontlik vra om jou video-sagteware op te gradeer of jou beloon met onsmaaklike malware.

As jy werklik nie die versoeking kan weerstaan nie, gaan uit Facebook en google dit. Indien daar egte dinosourusse of meerminne ontdek is, sou betroubare nuuswebtuistes wel die moeite gedoen het om verslag daaroor te doen.

Lees ook: Internetveiligheid: Jong mense word só maklik om die bos gelei

3. As daar ’n miljoen keer hiervan gehou word . . .

Mense wat aanbied om dinge toe doen nadat ’n miljoen keer van hul bladsy gehou is, kan skadeloos dog doelloos wees, maar dit kan ook ’n donker kant hê. “Hou van” (like) is die een of ander betaalmiddel. ’n Blad waarvan daar ’n klomp kere gehou is, kan vir kontant verkoop word. Blaaie waarvan 100 000 keer gehou is, kan vir duisende rande verkoop word en dit kan daartoe lei dat jy van iets ongewens hou. Dit kan, nadat dit verkoop is, ernstige skade aanrig.

Onthou as “hou van” beloof om iets tasbaar goeds te doen, soos byvoorbeeld om vir mediese koste te betaal, is dit nie ’n ware betaalmiddel nie – hou verby.

4. Enigiets wat daartoe lei dat jy Facebook op ’n ander manier gebruik

Facebook het ’n bladsy met herhaalde mites omtrent die webtuiste wat dikwels vir die waarheid versprei word. Ter verduideliking: Dit vertel jou Facebook sal nooit geld vra nie en dat jy nie die kleur van jou bladsye kan verander of wie jou profiel besigtig het, kan sien nie. Apps wat beloof om dit te doen, gaan beslis nie doen wat dit beloof nie, maar sal jou oorlaai met gemorspos of iets ergers. Bly weg.

5. Skokkende videogrepe

Swendelaars weet alte goed hulle moet jou aandag trek met inhoud wat jy nêrens anders kan sien nie en dit is dikwels gewelddadig of afgryslik. As jy nuuswebtuistes sien wat beloof jy kan die dood van beroemdes sien of mense wat deur diere verskeur word, kan jy jou laaste sent verwed dat die webtuiste onwettig is. Egte nuuswebtuistes waarsku jou oor onaangename inhoud. Indien webtuistes dit gebruik om klikke op te raap, kan jy dit nie vertrou nie.

Ook op Huisgenoot.com

Sinead O’Connor ongedeerd gevind ná polisiesoektog

Susan Sarandon ontketen storm met skokaantyging teen Woody Allen

Volkswagen up! verbeter sy spel

Kassier reageer ‘perfek’ op blinde outistiese tweeling se uitbarsting