Ons sien weekliks in die nuus stories oor ouers wat hulle kinders in motors laat. Maar besef ons werklik hoe gevaarlik dit kan wees?

“Dit is soos om in ’n sauna te probeer asemhaal – dis ondraaglik warm hier in die motor.”

Só vertel Huisgenoot se Petro-Anne Vlok oor haar onlangse eksperiment om in die bloedige hitte in ‘n motor te sit terwyl die kwik styg.

In die nuutste uitgawe skryf Petro-Anne oor die 40 minute wat sy in ‘n motor moes sit en hoe sy byna nie meer kon asemhaal toe die temperatuur 67 °C slaan.

Kyk die video hier: 

WAARSKUWING: Moenie hierdie eksperiment self doen nie. Petro-Anne was voortdurend onder streng mediese toesig tydens die verfilming van hierdie video.

Volg Huisgenoot op Twitter.