Cheslin se ma, Marilyn, het aan Huisgenoot gesê haar seun sterk goed aan by hul huis op Wellington.

Cheslin was, nes Hannah, 'n student aan die Universiteit Stellenbosch en het teologie studeer.   

Marilyn sê hy is baie bly om tuis te wees nadat hy Maandag 'n operasie aan sy arm ondergaan het.

Cheslin en Hannah is in die vroeë oggendure op 27 Mei deur vier mans aangeval waar hulle in Hannah se blou VW Citi Golf in Birdstraat, Stellenbosch, sit en gesels het.

Cheslin se arm is in die aanval gebreek en hy het verskeie kopwonde opgedoen nadat die aanvallers hom met bakstene gegooi het. Sy oordromme is ook in die aanval beskadig.

Hy het daarin geslaag om te onstnap.

Hannah se lyk is kort daarna op 'n plaas buite Stellenbosch gevind. Sy is herhaaldelik met 'n skerp voorwerp gesteek en om die beurt verkrag. 

Marilyn sê die dokters is positief dat haar seun volkome sal herstel.

Eben van Niekerk, Vernon Witbooi (32), Geraldo Parsons (26) en Nashwill Julies (28) staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, motordiefstal, roof met verswarende omstandighede, ontvoering en verkragting.