WhatsApp is besig om dié boodskap-app aan te pas sodat sterk enkripsie teksboodskappe en oproepe daarop sal beskerm.

Danksy dié verandering sal miljoene meer gesprekke beskerm word en sal waarskynlik miljoene gesprekke buite die bereik van enige owerheid wees. Alle boodskappe sal nou net toeganklik wees vir stuurders en ontvangers daarvan.

Die enkripsie sal die veiligheid van foto’s, video’s, groepsgesprekke en oproepe verseker, bykomend tot die teksboodskappe wat deur meer as ’n biljoen gebruikers wêreldwyd gestuur word.

Lees ook: WhatsApp verdwyn eersdaags van sommige selfone

“Wanneer jy ’n boodskap stuur, kan net die mens of die groep waarheen jy dit gestuur het, dit lees. Niemand kan binne die boodskap sien nie: nie kubermisdadigers of kuberkrakers nie en nie onderdrukkende regerings nie; nie eens ons kan dit sien nie,” het Jam Koum en Brian Acton, WhatsApp-stigters, in ’n verklaring gesê.

Al 1 biljoen WhatsApp-gebruikers sal, wanneer hulle die jongste weergawe van die app op ’n iPhone, Google Android-toestel, Nokia of Blackberry aflaai, boodskappe, aanhangsels en stemoproepe kan stuur en ontvang wat, volgens ingenieurs, net die bedoelde ontvanger sal kan ontsyfer. Dit is aldus ’n kenner by Open Whisper Systems, wie se tegnologie die ruggraat van WhatsApp se enkripsie vorm.

Amerika se FBI het onlangs ’n hofsaak teen Apple oor hul iPhone-enkripsie laat vaar en Brasiliaanse polisie het ’n Facebook-hoë in hegtenis laat neem omdat WhatsApp nie boodskappe van ’n verdagte misdadiger kon voorsien nie.

Lees ook: Dié eenvoudige truuk sal jou wys wie jou beste vriend op WhatsApp is

Dit bring Jam blykbaar nie van stryk nie. “Die noodsaaklikheid om mense se privaat kommunikasie te beskerm is een van ons kernoortuigings by WhatsApp; dit lê my ook na aan die hart.”

Daarbenewens sal WhatsApp die ongewone stap doen om ’n verbruiker van die app in kennis te stel wanneer boodskappe geënkripteer is.

Die maatskappy het in 2014 begin om standaardboodskappe op Android-slimfone te enkripteer. Nadat die enkripsie geleidelik na ander formate uitgebrei is, het WhatsApp onlangs bevestig dat die enkripsie nou op alle vorme van kommunikasie vir Android-, Apple Iphones en ander toestelle werk.

— Jana Smit

Bronne: The Guardian, Aljazeera, The Verge

Ook op Huisgenoot.com

Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie