Op 16 Junie 2002 het ’n skamerige jongeling met sy blouselblou oë en windmaker-kuifie sy eerste groot tree na roem gegee. Dit sou die dag wees waarop hy as Suid-Afrika se eerste Idols-wenner aangewys word.

Van daar het die een hoogtepunt ná die ander vir hom gevolg - van ’n Idol tot vandag steeds ’n rolmodel vir talle op soveel verskillende vlakke.

15 yrs ago today you guys voted and made my dreams come true. Thank you!

A post shared by Heinz Winckler (@heinz.winckler) on

15 goed wat jy van Heinz moet weet

1. Hy is op 22 Maart 1978 op Stellenbosch gebore.

2. Sy volle name is Heinz Carl Heinrich Winckler.

3. Hy het regte aan die Universiteit Stellenbosch studeer, maar die wetboeke vir ’n mikrofoon verruil.

4. In 2003 behaal hy die vierde plek in die World Idol-kompetisie in Londen. Kelly Clarkson was tweede.

5. Sy bynaam vir die duur van die kompetisie was “Hunky Heinz”.

6. Hy sing Chasing Shadows in die Suid-Afrikaanse weergawe van Disney se Treasure Planet.

7. Heinz se debuut-enkel, Once in a lifetime, het dubbele platinumstatus behaal met meer as 100 000 CD’s wat verkoop is.

8. Op 25 September 2006 trou hy met Aletté-Johanni de Klerk. Deesdae is die twee trotse ouers van drie knapies: Lian (7), Simeon (5) en REuben (3). 

9. Hy het die rol van Roger Davis vertolk in die musikale toneelstuk RENT, wat van 2007 tot 2008 in Amerika, Kanada en Japan getoer het.

10. In die fliek Mooirivier vertolk hy die hoofrol teenoor Nadia Beukes.

11. Die romanskrywer Elsa Winckler is Heinz se ma.

12. Net soos Elsa, het Heinz ook ’n stewige skeutjie ink in sy bloed. In 2015 publiseer hy sy eerste boek, In Ritme met God, wat handel oor sy lewenspad.

13. Tien jaar nadat hy en Aletté-Johanni getroud is, het die twee hul huweliksbeloftes hernu en van vooraf bruilof gehou.

14. Hy vertolk die hoofrol in Frans Cronjé van Faith Like Potatoes-faam se nuwe fliek, The Roar. Dit word in September uitgereik.

15. Heinz is gek oor stylvolle klere en wat pakke betref, klop niks die Italiaanse styl nie, meen hy.

Bronne: artiswarehouse.co.za, heinzwinckler.com, you.co.za