Die sanger en liedjieskrywer Gert Vlok Nel het Woensdagoggend ’n storm op sosiale media ontketen toe hy ’n vurige ope brief aan die sanger Theuns Jordaan op sy Facebook-blad gedeel het.

Hierin beskuldig hy Theuns daarvan dat dié sy trefferlied, Beautiful in Beaufort-Wes, gebruik sonder om Gert, wat die woorde oorspronklik geskryf het, behoorlike vergoeding daarvoor te gee. Theuns het laat hoor hy is "stomgeslaan" deur Gert se aantygings en "kan dit nie glo nie".

Intussen het heelwat bekgevegte aanlyn uitgebreek oor of Gert of Theuns die gewilde lied beter sing. Stem nou om jou sê te sê.

Lees ook:

Theuns Jordaan reageer op Gert Vlok Nel-tirade: ‘Ek kan dit nie glo nie’Woedende Gert Vlok Nel vaar uit teen Theuns Jordaan: ‘Ek het lank genoeg stilgebly oor jou’