“Ek het vir die eerste keer regtig hoop as ek sien watter invloed die program op ander kinders het,” sê Anicé.

Vroeg vanjaar het ’n vrou wat ’n mediaberig oor Pippie gelees het, Anicé gebel en ingelig oor die FHC. “Haar kleinkind en sy ouers het ’n program daar gevolg – iets wat hul lewe verander het,” sê Anicé.

Pippie was twee jaar oud toe sy op Oujaarsaand in 2011 derdegraadse brandwonde oor 80 persent van haar lyf opgedoen het.


In daardie stadium het die FHC ’n kursus in Suid-Afrika kom aanbied en Anicé het dit bygewoon. Sy sê die sentrum volg ’n wetenskaplike benadering om ouers van kinders met spesiale behoeftes op te lei om hul kind se ontwikkeling te verbeter. 

Dit geld onder meer vir begrip en kommunikasie, fisiologiese gesondheid, fisieke vermoëns, gedrag en begrip.

Pippie was twee jaar oud toe sy op Oujaarsaand in 2011 derdegraadse brandwonde oor 80 persent van haar lyf opdoen nadat ’n bottel vuuraansteekjel gedurende ’n braai in haar pa se hande ontplof het.

“Wanneer ek die verandering in Pippie sien nadat ek in Februarie die kursus bygewoon het, kan ek nie wag vir die evaluasie in Amerika nie. Die verbetering is reusagtig, veral wat haar spraak en konsentrasie behels,” sê Anicé.

Pippie volg onder meer ’n ketogene dieet. “Ek volg saam met haar die dieet en ek voel soos ’n nuwe mens.”

Oor hul besoek aan Amerika is Pippie baie opgewonde. “Sy wil net in die hotel gaan bly,” sê Anicé en lag.