9 Januarie. Dis vanjaar se rooiletterdag vir huweliksontrou. Wel, in elk geval volgens hierdie studie.

Dit beteken dus 9 Januarie is daardie gedoemde dag vir ’n los plesiertjie.

“Roetine kan ’n mens onderkry – of liewer neerdrukkend wees as dit volg op ’n lang tyd wat aan jou gesin gewy is.

Dis die gevolg van ’n heel geldige menslike behoefte: om pret te hê en jou eie behoeftes voorop te stel,” verduidelik Solene Paillet, Gleeden se kommunikasiehoof.

Van die 13 000 Gleeden-gebruikers wat hulle gepols het, het ’n yslike 71 persent gesê hulle beplan om begin vanjaar bedrywig te raak op die webtuiste.

Net meer as die helfte sê hul dwalende oog is ’n manier om “hul vryheid ná die vakansie te herwin”.

"Lede registreer by Gleeden of hulle bring meer tyd op die aanlyn platform deur om ’n bietjie opwinding in hul alledaagse lewe te blaas . . .”

Bronne: dailymail.com, gleeden.com