Dis dalk Adele se laaste wêereldwye toer. Foto: Getty Images

Die brief was deel van een van haar optredes in Wembley-stadion in Londen, Engeland. Een van haar aanhangers het die hartroerende brief op Instagram gelaai.

’n Gedeelte daaruit lui: “So dis dit . . . Om te toer is maar ’n snaakse ding; dit pas my nie juis goed nie. Ek is ’n regte huishen en put soveel vreugde uit die klein goedjies. Plus ek is dramaties en het ’n verskriklike geskiedenis wat toer betref. Tot nou!”

Adele vertel verder hoe asemrowend die toer was en sê dit was vir haar ’n absolute plesier.

Sy skryf: “Ek het die toer net vir julle gedoen en om julle hopelik met 'n optrede te raak soos my gunstelingkunstenaar my geraak het. En ek wou gehad het my laaste optredes moet in Londen wees omdat ek nie weet of ek ooit weer gaan toer nie; ek wou die laastes by die huis hê.”

Sy sluit die brief liefdevol af deur al haar aanhangers te bedank vir hul liefde en groothartigheid.

“Lief vir julle. Nagsê vir eers.”

Bronne: Instagram, Independent, Daily Mail