Sy en haar dansmaat, Devon Leigh Snell, oefen vyf tot ses uur per dag. Vandeesweek het Karlien op sosiale netwerke vertel hoe seer haar ribbes is van al die oefen. “Dit is vrek seer, maar dit is nou mind over matter. Ek moet en wil deurdruk en my alles gee,” het Karlien vandag laat weet terwyl sy ’n vinnige blaaskansie geneem het.

'Ons werk ongelooflik hard. En alles is seer.'

“Ons werk ongelooflik hard. En alles is seer, ha! My voete, my kuite, my ribbes, alles. Dans is nie vir sissies nie. Hierdie is ’n groot uitdaging vir my.”

Maar van opgee is daar nie sprake nie.

“Môreaand dans ons die ramba. Dis ongelooflik moeilik. Ons kan net ons beste gee en hoop vir die beste. Ek hoop en bid die mense stem vir ons om in te bly. Ons kode is SCD8 en die SMS-nommer is 33123.”

“Mense kan net tydens die program stem. Ons het hul steun nodig. Ons werk te hard om uit te val. Ons wil nie uitval nie!” smeek Karlien.

“Ek het nooit in my lewe besef dit gaan so erg wees nie. Ek weet nie wat ek verwag het nie, maar ek het verseker nie verwag dit sal soveel effort wees nie. Maar dis goed vir my. Ek leer van uithou en aanhou op ’n totaal ander vlak. Dis bloed, sweet en trane. Regte trane.”

[caption id="attachment_105240" align="alignnone" width="600"]Karlien het die foto op Facebook gedeel, met die volgende onderskrif: "Ok Strictly Come Dancing is nie vir sissies nie!!! So het elke sport maar sy beseerings... Gisteraand gelê met 'n ribbekaspyn wat ek nie ken nie!!! … Now I'm at the physio getting my ribs strapped. She's not sure if it's fractured yet... Al wat ek weet is dis SEER!!! #sabc3strictly"  Karlien het die foto op Facebook gedeel, met die volgende onderskrif: "Ok Strictly Come Dancing is nie vir sissies nie!!! So het elke sport maar sy beseerings... Gisteraand gelê met 'n ribbekaspyn wat ek nie ken nie!!! … Now I'm at the physio getting my ribs strapped. She's not sure if it's fractured yet... Al wat ek weet is dis SEER!!! #sabc3strictly"
[/caption]

- Suzanne Venter