Kan Alina Kowalewskaja die nuwe menslike Barbie word? Sy het ’n aanlyn sensasie geword; haar YouTube-video’s kry honderdduisende trefslae.

Die 21-jarige kom van Odessa in die Oekraïne – dieselfde stad as Valeria. In werklikheid, die twee was vriende, maar die vriendskap het doodgeloop. Nou het Alina ’n oog op Valeria se troon.

Anders as Valeria (28) beweer Alina sy het haar popagtige voorkoms bereik sonder dat sy onder die mes was. Sy steun eerder op haar groot oë, klein neus en vol lippe. Kontaklense voltooi die voorkoms en gee haar die glasige en leë popagtige voorkoms.

Alina studeer sielkunde en maatskaplike werk aan die Universiteit van Odessa. Sy sê sy wil eendag graag twee kinders hê. Dit is ver verwyderd van Valeria, wat na bewering ’n borsvergroting ondergaan het en van haar ribbes laat verwyder het om soos Barbie te lyk. Boonop het sy ’n paar maande gelede opslae gemaak toe sy besluit om Inedia (Breatharianism) te begin volg – ’n dieet wat bestaan uit lug en sonlig.

“Die afgelope paar weke was ek nog glad nie honger nie; ek hoop dit is die laaste fase voor ek net van lug en sonlig kan lewe,” het sy aan International Business Times gesê.

Dan is daar die ekstreme Barbie-pop Lacey Wildd.

Die ma van ses het onlangs haar 36ste operasie ondergaan om soos die bekende pop te lyk.

Die 46-jarge het 12 borsvergrotings ondergaan, nou het sy ’n LLL-borsgrootte. Omdat haar borste elk ’n allemintige 9,5 kg weeg, kan alledaagse take nogal moeilik wees. Sy moet kussings op haar skoot sit wanneer sy bestuur. Boonop kan sy net die agterste plate op haar stoof gebruik ingeval sy haar borste brand wanneer sy kook. En dit is nog net die begin – sy wil groter borste en agterstewe hê.

“Ek is bekend as een van die uiterste gevalle van plastiese snykunde ter wêreld; ek wil aanhou grense verskuif.

[post-slider]

- Samatha Luiz

Bronne: dailymail.co.uk, latinpost.com, huffingtonpost.co.uk,  ibtimes.co.in