Serena Williams (35) het die wêreld aan die gons nadat sy Woensdag ’n foto van wat lyk na ’n babamagie op die sosialemedia-platform Snapchat gedeel het, met die woorde '20 weke' daarby .

Dié inskrywing het wyd en syd spekulasie ontlok dat die legendariese sportster swanger is met haar eerste kind, maar die inskrywing is dieselfde dag nog uitgevee en geen publikasie kon tot dusver bevestiging by Serena kry nie.

Maar haar woordvoerder het gister bevestig dat sy wel swanger is. "Ek's bly om te bevestig dat Serena swanger is met haar eersteling," sê haar woordvoerder, Kelly Bush Novak, in ’n verklaring.

"Sy sien uit daarna om weer in 2018 terug te keer na die tennisbaan," sê Kelly verder.

Volgens The Guardian het Serena in Desember verloof geraak aan Alexis Ohanian, die mede-stigter van die sosialemedia-platform Reddit.

My only regret is not pointing my toe sorry coach Garry ?

A post shared by Serena Williams (@serenawilliams) on

Baie het nie gewag vir bevestiging nie en het vinnig hul bewondering vir Serena, wat in Januarie nog die Australiese Ope gewen het, begin deel.

Serena is die wenner van die meeste Grand Slam-titels nog sedert die begin van die Ope-era 1968, toe professionele spelers ook toegelaat is om mee te ding.

Bronne: Mail & Guardian, BBC, CNN.