Jip, die ouens van Friends gaan herenig.

via GIPHY

Bob Greenblatt, voorsitter van NBC, het Woensdag aangekondig die hele span akteurs van die treffersitkom gaan herenig om hulde te bring aan die legendariese televisiereeks-skepper James Burrows. Lees ook: Hoe goed ken jy die reeks Friends? James, wat aan reekse soos Frasier, Cheers en talle ander gewerk het, het ook die regie van 15 episodes van Friends behartig.

Tydens die twee uur lange uitsending op 21 Februarie sal Rachel, Phoebe, Ross, Monica, Joey en Chandler opvang van waar ons hulle 11 jaar laas gegroet het.

Dit gaan egter dalk moeilik wees om hulle terselfdertyd in dieselfde vertrek te kry. "Ek hoop al ses sal in dieselfde vertrek op dieselfde tyd wees,” sê Bob. “Maar ek is nie seker of ons dit gaan regkry nie.”

Dit mag dalk nie gebeur soos ons gehoop het nie, maar ons sien nog steeds uit!

via GIPHY

Bronne: independent.co.uk, buzzfeed.com