Erik het twee maande gelede in ’n onderhoud met die Sondagkoerant Rapport vertel hulle het planne om te trou. “Ek het haar pa gevra. Hy woon in Kanada en sy weet ek het hom gevra,” het hy toe aan Rapport vertel.

“Ek het darem nou sy goedkeuring dat ek met sy dogter mag trou. Maar wanneer ek haar gaan vra en hoe, bly ’n geheim," het hy opgewonde vertel. Hy het toe ook laat val dat hy Kaap toe sou trek om by Tinarie te wees.

[caption id="attachment_144182" align="alignnone" width="600"]Die gelukkige paartjie! Foto: Argief Die gelukkige paartjie! Foto: Argief[/caption]

Die liefdesvlam tussen hulle het begin brand toe hulle in 2014 saam aan die toneelstuk Dogma gewerk het. Hulle het in die veelbekroonde produksie die rolle van ’n predikantspaar vertolk. Die dominee (Erik) kry veelvuldige sklerose en beland dan in ’n rolstoel.

Erik is self sedert 2007 ’n kwadrupleeg ná'n duikongeluk. Hy is onder andere bekend vir sy rol as Rian Malherbe in Binnelanders.

Hulle het, toe hulle aan Dogma gewerk het, verlief geraak, het Erik en Tinarie verlede jaar aan Huisgenoot vertel.

“Ek het van die begin af geweet: O, hier kom moeilikheid!” het Tinarie destyds gesê. "Ek is lief vir hom nes hy is," het sy vertel. Erik het op sy beurt gekoer: "Tinarie is die beste ding wat al met my gebeur het." Te oulik!

Veels geluk, julle twee!