Die vakverbond Cosatu het Dinsdagoggend geeïs dat Jacob Zuma uittree as president van Suid-Afrika.

"Ons glo nie meer in sy leierskapsvermoëns nie," het Bheki Ntshalintshali, Cosatu se sekretaris-generaal, tydens 'n media-inligtingsessie in Johannesburg gesê.

Lees ook: Suid-Afrika se rommelstatus: Sewe goed wat jy moet weet

Hy het bygevoeg dat hoewel Cosatu radikale ekonomiese transformasie steun, dit nie afgesonder kan word van die stryd teen korrupsie nie.

Dit volg nadat die plaaslike ekonomie verder getuimel het toe die graderingsagentskap Standard & Poor’s Maandagmiddag bekendgemaak het Suid-Afrika is amptelik afgegradeer rommelstatus toe.

Dit was nie vir Cosatu 'n maklike besluit nie, het die vakverbond se president, Sdumo Dlamini, bygevoeg. "Dis nooit te laat om aksie te neem en mense te vra om nugter te dink en korrektiewe stappe te doen nie." Lees ook: Pravin Gordhan-debakel: ‘Hierdie is baie, baie erger as Nene-gate’ Die vakverbond wil glo met lede van hul sentrale uitvoerende komitee vergader waarna dit formeel 'n beroep op pres. Zuma wil doen om te bedank.