Dit is die besluit wat regt. Thokozile Masipa in die volgende paar dae sal moet maak.

Sy het die saak Vrydagoggend tot Dinsdag uitgestel wanneer sy Oscar Pistorius sal vonnis.

Barry Roux het aangevoer dat Oscar nie tronk toe gestuur moet word nie, veral nie as hy saam met ander siek mense in die hospitaal-deel aangehou sal word nie. Oscar is volgens Barry iemand wat ’n verskil in die samelewing wil maak. Hy weet hy sal nie kan vergoed vir wat hy gedoen het nie, maar hy wil steeds goed doen.

Gerrie Nel het aangevoer huisarres is ’n skokkende vonnis, wat heeltemal buite verhouding is met wat Oscar gedoen het toe hy sy meisie, Reeva Steenkamp, doodskiet.

Gerrie het gevra vir direkte tronkstraf.