Mick Jagger is nou amptelik ’n dinosourus! Die 71-jarige sanger, wat ’n bekende gesig in die wêreld van rockmusiek is, het onlangs ’n naamgenoot ryker geword.

Die Jaggermeryx naiad, wat in Egipte opgegrawe is, is oor sy groot lippe na die rocker genoem.

“Van my kollegas wou dit graag na Angelina Jolie vernoem omdat sy bekend is vir haar mooi lippe. Maar dit moes Mick Jagger wees. Ek is ’n groot Rolling Stones-aanhanger,” sê die antropoloog dr. Ellen Miller.

Die kenners sê die fossiel is meer as 19 miljoen jaar oud en sy kakebene verklap dat hy van ’n klein afstammeling kom en soos ’n maer seekoei gelyk het.

“Dit blyk ook dat die dinosourus langs die rivier gewoon en plante met sy groot lippe en tande opgetel het,” voeg Ellen by.

- Janine Nel

Bron: mirror.co.uk