TEKS: Storierak, die nuwe app-winkel met Afrikaanse kinderboeke, se gewildheid groei. Nèlleke de Jager, digitale uitgewer: NB-Uitgewers, en Juan Kruger, Storierak se sagtewareontwikkelaar, het Maandag op die kykNET-program, Dagbreek, oor die app se sukses gesels. Klik hier om die insetsel te kyk.

Storierak is geskik vir kinders van twee tot agt. Dit bevat onder andere gunstelingstories uit Storieman Omnibus 1 en ’n verskeidenheid ander Afrikaanse en Bybelstories.

Om op Storierak se nuusbrief in te teken stuur ’n e-pos na storierak@nb.co.za.