Jakki Ballan het al ’n fortuin van sowat R2,6 miljoen aan haar verslawing aan Diet Coke bestee: Sy drink tot 50 blikkies en 10 L per dag.

Jakki het die drankie op 14 begin drink en toe haar verslawing op sy kwaaiste was, het sy tot 50 blikkies per dag gedrink; dis meer as drie per uur.

Die 42-jarige ma van vyf drink nou nog tot 10 L Coke per dag en kry angsaanvalle wanneer sy nie haar gunstelingdrankie in die hande kan kry nie. Sy soek nou mediese hulp vir haar probleem nadat sy hallusinasies gekry het weens die groot hoeveelhede suiker wat sy ingekry het, en sy hoop hipnoterapie sal haar die lus in toom help hou.