Dié unieke band is nou die fokus van ’n nuwe program op  kykNET, naamlik Hond se Gedagtes, wat elke Dinsdag om 17:30 uitgesaai sal word.

Die reeks gaan ’n verskeidenheid onderwerpe, van wenke tot inspirerende stories, dek wat hondeliefhebbers vars insig gaan gee omtrent mens se beste vriend.

Lizma van Zyl, die redakteur en stigterslid van Smile 90.4FM, sal die aanbieder wees. 

In Hond se Gedagtes gaan Lizma onder meer tyd spandeer met terapiehonde, reddingshonde en net bloot honde wat getroue maters is. Die reeks gaan ook elke week vir een “weeshond” ’n liefdevolle huis vind.