Sy troeteldiere het onwetend YouTube-sensasies geword nadat hulle ’n piepklein ete vir dankseggingsdag verorber het.

Die video, ’n produk van die sosialemediabemarkings- en inhoudsmaatskappy Hello Denizen, wys ’n kalkoen wat met ’n drupper met sous bedruip word en met ’n skalpel gekerf word. Die bessiesous is in ’n vingerhoed en die “pampoenpastei” is eintlik babakos.

Die kos, wat deur ’n lekker wollerige hasie, twee hamsters en een rot verorber is, is alles veilig vir diere, sê die mense wat die video vervaardig het.

Bronne: ABC News, themirror.co.uk, YouTube