Wetenskaplikes aan die Duke-universiteit in Amerika het die tempo bestudeer waarteen spesies uitsterf om met ’n sterftekoers vorendag te kom.

Die grootste oorsake hiervan is die uitwissing van die natuurlike omgewings waarin spesies leef en die mens se inmenging met die natuur.

Nie net maak dit die omgewings onbewoonbaar waarin spesies voorheen geleef het nie, dit ly ook daartoe dat diere desperater en mededingender raak en inheemse spesies uitgewis word.

Voorbeelde van diere wat as gevolg hiervan deesdae bedreig is, is sekere spesies van die gewilde marmoset-apie, sowel as die witpunthaai.

Volgens navorsers aan die universiteit kan die aarde binnekort sy sesde massa-uitsterwing teëkom as spesies teen dié tempo uitsterf.

In die verlede was enorme metooriete die oorsaak van uitsterwing.

Navorsers sê wel dat nuwe tegnologie dit makliker maak om bedreigde spesies uit te ken; daarom kan voorkomende aksie vinniger geneem word.

Bron: Huffington Post