’n Dief het ’n lelike bloutjie geloop toe hy vasgekeer was in ’n hysbak saam met die vrou wie hy pas van haar handsak beroof het.

Toe hy egter omdraai om homself uit die voete te maak, het die hysbak se deur toegeslaan en hom saam met sy slagoffer vasgekeer.

Die hele insident is op kringtelevisie vasgevang.

Daarop kan gesien word hoe die man die hysbak binnestorm en die handsak van die 77-jarige vrou by mespunt gryp.

Toe hy egter omdraai om homself uit die voete te maak, het die hysbak se deur toegeslaan en hom saam met sy slagoffer vasgekeer.

In die ongemaklike rit van sowat 20 sekondes wat volg, trippel die man rond en grawe solank in die handsak terwyl die vrou hom probeer paai om dit terug te gee.

Maar tevergeefs. Toe die hysbak se deur oopgaan, is hy vort.

Die voorval het in Broward County, Florida, plaasgevind. Volgens die polisie is die dief nog soek.

Kyk hier na die voorval:

Bronne: www.wtsp.com; nymag.com