Die video wys hoe die man by in ’n winkel in die Amerikaanse stad Philadelphia instap en agter ’n ander klant in die tou staan.

Maar soos sy beurt naderkom, sien hy ’n hoop piesangs naby die toonbank en druk vinnig een in sy sak sodat dit soos ’n pistool lyk.

Hy staan dan nader en hou die piesang in die klerk se rigting en dring aan op geld en sigarette.

Die rower kry wat hy wil hê en stap dan kalm uit die winkel voor hy op ’n fiets klim wat buite geparkeer is en wegry.