’n Dief het ’n fiets wat sy gesteel het, aan die eienaar terugbesorg, kompleet met ’n geskenkbewys en briefie om jammer te sê daarby ingesluit.

Die naamlose dief het om verskoning gevra dat sy die fiets “sonder toestemming geleen het” nadat sy glo “skaamteloos dronk geword het” ná haar gradeplegtigheid.

“Ek was te laat vir die bus en te arm vir ’n taxi en het daarom besluit om jou fiets te leen wat gesorg het vir ’n absoluut heerlike rit huis toe, sover ek kan onthou.

“Ek’s jammer ek’t jou fiets geleen sonder jou toestemming. Ek het dit nou teruggebring en sluit ook ’n koopbewys in vir ’n gratis sny koek by Domino’s. Groete, die fietsdief,” het die ordentlike dief in ’n nota geskryf wat sy glo saam met die fiets agtergelaat het.

Volgens die eienaar van die fiets is hy geensins kwaad nie.

-Bang Showbizz