Hy het al sy lyf musikant, akteur en rolprentmaker gehou, maar die een rol waarop Sean Else duidelik die trotste is, is duidelik dié van pa van sy vier seuns. Die rolprentmaker agter die nuwe oorlogprent Modder en Bloed het onlangs op die kletsprogram ’n Halfuur met Hanlie op die DStv-kanaal VIA vertel hoe sy kroos sy lewe verander het.

Hy wou graag 'n gesin hê, maar het gedink die rol van pa sou nooit vir hom beskore wees nie, vertel hy. Sean het op 22 of 23 pampoentjies gehad en daar was “komplikasies". “Die dokter het gesê ek kan nie kinders kry nie.” Min het hy toe geweet hy sou sommer dubbel en dwars geseën word. Vandag is hy en sy vrou, Carla, geseën met vier seuns. Die gesin woon in Houtbaai buite Kaapstad.

Sy oudste seuns, Caylem (11) en Vaughn (10), is uit ’n vorige verhouding.  Hy en Caylem se ma was in ’n verhouding en het baie goeie vriende geword, sê Sean.

A photo posted by Sean Else (@seanelse) on

“Hierdie seuntjie was daar en hy was ’n babatjie.” Hy het dadelik die kind onder sy vlerk geneem.

“Ek het besluit hierdie kind is myne en ek moet na hom kyk. Ek en sy ma het toe vir Vaughn gehad. Dinge het nie tussen ons uitgewerk in die verhouding nie en ons het besluit die beste ding is om vriende te bly en ons fokus op die kinders te sit en ons het oor die jare ’n baie goeie verhouding met die kinders.

"En baie goeie vriendskap ook. Vir my was die grootste ding kinders moet liefde kry en kinders moet na gekyk word en kinders het ’n pa-figuur nodig,” het hy op die program vertel.

Sy vrou, Carla, het aanvanklik vroeg in hul verhouding nie geweet Sean is reeds die pa van twee seuns nie. Hy het eers op hul derde afspraak die nuus gedeel.

“Sy het so mooi reageer. Ek weet dit was vir haar ’n bietjie van ‘n skok,” vertel hy. Carla was egter versot op Caylem en Vaughn.

[caption id="attachment_123291" align="aligncenter" width="960"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

“Hulle was so oulik van die begin af,” vertel sy. “Hulle het my dadelik aanvaar. Dit was nie moeilik nie. Dis nie moeilik om hulle liefde te hê nie.”

Sy was aanvanklik bekommerd toe sy die eerste keer swanger raak met haar en Sean se eersteling, Daniel (2), dat daar ‘n skeiding gaan kom. “Dit is nie so nie,” sê sy.

Vaughn en Caylem is versot op hul boeties, Daniel en die jaar oue Noah.

[caption id="attachment_123293" align="aligncenter" width="960"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Om vir Caylem as hul eie kind aan te neem het onlangs vir hulle ’n werklikheid geword.

“My beste vriend Deon Opperman is ook aangeneem so ek het baie vir Deon ook gevra hoe stap ’n mens ’n pad met hierdie kind,” vertel Sean.

“Deon het vir my baie raad gegee oor hoe hy deur sy ouers hanteer is. ’n Mens moet oppas dat ’n kind verwerp voel. Dat hy enigsins op enige stadium voel dat sy biologiese pa hom verwerp het. Ek het spesifiek vir hom gesê hy is baie spesiaal en ek is baie lief vir hom. Ek het vir hom gesê ek het hom gekies toe hy in sy mamma se maag was en ek wou sy pappa wees,” sê Sean.

“Dis belangrik vir ons dat ons al die kinders op dieselfde manier hanteer.”

Carla voel “geseënd” om vier kinders te hê. “Ek is so lief vir my seuntjies. Ek is happy. Daar is niks vir my wat kort in hierdie huis nie.”

[caption id="attachment_123296" align="aligncenter" width="720"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping