Soms wanneer hy na groen kyk, lyk dit geel of bruin, en wanneer hy na pienk kyk, lyk dit silwer of blou.

Sy vriende het besluit om hom met ’n EnChroma-bril te verras en vir die eerste keer kon hy die kleur pers sien en die kleure groen en pienk ervaar.

Selfs net om die gras buite te sien was ’n nuwe en openbarende ervaring.

“Dis so pragtig,” sê Ethan terwyl hy na die gras kyk. “Dit is regtig oorweldigend.”

“Ek het eerlikwaar net gebewe en ek kon nie begryp wat ek sien nie.”

Kyk hier onder na sy reaksie:

Bronne: elitedaily.com, distractify.com