“Ek, my ma en die nanny dink dit gaan Maandag gebeur, maar ons oudste seuntjie, Lian (amper 4), dink sy boetie kom Sondag. Lian en Simeon (amper 2) was albei naweek babas, so dit sal interessant wees om te sien wanneer die enetjie gaan kom,” vertel Aletté Winckler, die sanger, Heinz se vrou.

Heinz sien vreeslik uit na die koms van sy derde seun. “Ons het gestraand gekyk hoe hy tekere gaan in my maag. Jy sien net hande en voete soos wat hy beweeg want daar is nie meer genoeg plek nie,” lag Aletté. Sy sien ook baie uit, maar is iewat senuweeagtig omdat sy weet wat wag.

“Simeon het destyds so vinnig gekom, as die ene nog vinniger gaan wees, weet ek nie of ons die hospitaal betyds gaan haal nie. Ons sal dalk maar op YouTube moet kyk na hoe om ‘n geboorte by die huis te doen,” spot sy.