In ’n hofgeding wat in Connecticut aanhangig gemaak is, het Jennifer Connell van New York $127 000 (sowat R1,7 miljoen) van die seun geëis .

Sy het beweer haar nefie, destyds agt jaar oud, het onredelik opgetree deur in haar arms te spring toe sy by sy verjaardagpartytjie aankom.

In die geding word beweer die uitbundige groetery veroorsaak het dat sy op die grond geval en haar pols gebreek het.

Die 54-jarige vrou het die ses lede van die jurie van die distrik Fairfield gevra om die seun aanspreeklik te bevind vir haar beserings.

Dit het Dinsdag net 25 minute gekos voor die paneel in die seun se guns besluit en sy tante met leë hande gelaat het. Sy het verlede week getuig haar lewe het ná die besering “baie moeilik” geraak. Volgens die Connecticut Post het sy aan die hof gesê: ?Ek woon in Manhattan in ’n woonstel op die derde verdieping sonder ’n hysbak, dus was dit baie moeilik.” Sy het aan die hof vertel sy is lief vir haar nefie, maar hy behoort aanspreeklik gehou te word. Die seun, wie se moeder verlede jaar oorlede is, het saam met sy pa in die hof gesit terwyl sy tante teen hom getuig het.

Bronne:Time.com, News.au, Sky News, NY Post