Die flamink, na sy spesie “Greater” genoem, is gister aan uitgesit weens komplikasies wat met ouderdom verband hou. Hy is in 1933 in die dieretuin verwelkom.

Greater word oorleef deur sy jare lange vriend Chilly, ’n Chileense flamink, wat in sy 60’s is en nou gemonitor gaan word om te sien hoe hy op Greater se heengaan reageer.

“Greater is bekend as die wêreld se oudste flamink en die laaste grootflamink in Australië,” sê Zoos South Australia se hoof uitvoerende beampte, Elaine Benste.

“Hoewel dit vir ons almal ’n hartseer verlies is, kon ons nie anders nie.

“Daar was geen bykomende mediese behandeling wat Greater se lewenskwaliteit sou verbeter nie.”

Dieretuinwerknemers sê rekords dui op nog ’n flamink van 67, wat glo in ’n Suid-Amerikaanse dieretuin woon. Geen voël sal in die natuur so lank kan oorleef nie, weens roofdiere en die afwesigheid van mediese hulp.

Hoewel flaminke dekades in aanhouding kan leef, is hul lewensverwagting in die natuur sowat 25 jaar. –Sapa