Pasop! Jy mag dalk net ’n slagoffer word van die nuutste sosiale media neiging wat deesdae in die omloop is: Passenger Shaming en dit blyk dat niemand veilig is nie.

Die webtuiste PassangerShamming het dit goedgedink om die publiek te nader om skreeusnaakse en skokkende foto’s van onaangename passasiers op vliegtuie anoniem te deel en dan dit op Twitter, Facebook en Instagram te sit vir die hele wêreld om te sien!

Hier is van die foto’s:

1. Dis nou nie regtig die veiligste plek om jou baba se doeke om te ruil nie.

2. Om jou skoene uit te skop en kaalvoet te sit is glo die grootste neiging onder meeste reisigers.

3. Of om kaalbolyf te wees

4. Iemand kon nie die toilet vind nie.

5. Dié twee besef seker nie daar is mense om hulle nie.

6. Dié ou ook nie.

7. Ander dink nou weer ’n vliegtuig is eintlik ’n skoonheidsalon.

8. Ons weet vliegtuie kan ongemaklik wees, maar dit lyk asof dié mense enigiets sal doen vir ’n goeie nagrus.

- Janine Nel

Bronne: Mirror.co.uk, PassangerShaming.com