Oprah word as die 14de magtigste vrou ter wêreld gereken, terwyl Beyonce die 17de plek beklee en Sofia – van Modern Family-faam – die 32ste, terwyl koningin Elizabeth slegs die 35ste plek beklee.

Ander bekende name op die lys, is dié van Anna Wintour (no. 39), jare lange hoofredakteur van die Amerikaanse modetydskrif Vogue, Arianna Huffington (no. 52), die stigter van die aanlyn koerant Huffington Post, die komediant Ellen DeGeneres (no. 56) en die sangeres Lady Gaga (no. 67). Die enigste model op dié lys is die langbeen Brasiliaan Gisele Bundchen (no. 89).

Hierdie vroue word deur Forbes as die 10 magtigste ter wêreld beskou:

  1. Angela Merkel (Duitsland, politiek)
  2. Janet Yellen (VSA, finansies)
  3. Melinda Gates (VSA, filantropie/nieregeringsorganisasie)
  4. Dilma Rousseff (Brasilië, politiek
  5. Christine Lagarde (Frankryk, filantropie/nieregeringsorganisasie)
  6. Hillary Clinton (VSA, politiek)
  7. Mary Barra (VSA, sake)
  8. Michelle Obama (VSA, politiek)
  9. Sheryl Sandberg (VSA, tegnologie)
  10. Virginia Rometty (VSA, tegnologie)

- Almari Wessels