Die 1969-skildery met drie panele, Drie Studies van Lucian Freud, is deur die afslaer Christie in New York verkoop. Dit klop die vorige afslaersrekord van R1,1 biljoen waarvoor die Noorweegse skilder Edvard Munch se kunswerk Die Gil verkoop is.

Auction 2

Die skildery toon Francis Bacon se vriend en medekunstenaar Lucian Freud wat op ’n stoel sit, vanuit verskillende hoeke gesien – twee van die kant en een van voor. Volgens Christie’s is die skildery ’n “ware meesterstuk wat Bacon en Freud se verhouding” en hul “kreatiewe en emosionele band” uitbeeld.

Die afslaer wou nie die naam van die koper bekendmaak nie.

Petro-Anne Vlok

Bronne: dailymail.co.uk, independent.co.uk, christies.com, twitter.com