Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê Modjadji het besluit om te gaan sluimer. Die naweek kan jy maar jou braaiplanne maak, want dit sal nie sommer kom reën nie. Volgens die weervoorspeller Lulama Pheme is daar vir die res van die week nie ’n groot kans op reën in die noorde van die land nie. “Vir die res van die week en die naweek verwag ons ’n skrale 30-persent-kans op reën,” sê hy. Intussen word daar gewaarsku teen hoë brandgevaar in westelike binneland terwyl hewige donderbuie in sentrale binneland verwag word.

Gauteng het verlede maand van die ergste donderstorms in jare ervaar. Ses mense is tydens fratsvloede in Ekurhuleni dood.