’n Man teken op 1 Desember in New York protes aan nadat ’n jurie aangekondig het die polisiebeampte Darren Wilson sal nie in die Michael Brown-saak aangekla word nie. Michael, ’n 18-jarige swart man, is dood nadat Darren, ’n wit polisiebeampte van Ferguson, hom op 9 Augustus geskiet het.

’n Kasjmirse vrou stem op 2 Desember in Trehgam, sowat 110 km noord van Srinagar, die somer-hoofstad van die Indiese gebied Kasjmir. Duisende stemmers het in die tweede rondte van verkiesings buite stemlokale in Jammu and Kasjmir opgedaag om te stem. ’n Groot getal troepe is ontplooi om orde in die strate van Kasjmir te handhaaf; opposisieleiers het mense probeer oortuig om nie te stem nie en wil hê Kasjmir moet tot stilstand gebring word. Die verkiesings in Jammu and Kasjmir bestaan uit vyf fases; dit eindig op 20 Desember en die uitslae sal op 23 Desember bekendgemaak word.

Clive Rowe speel Moeder Gans en berei op 2 Desember in Londen in sy kleedkamer voor vir ’n opvoering by die Hackney Empire.

Op 28 November in Salisbury, Engeland, tydens ’n jaarlikse adventoptog wys hierdie kombinasie van twee foto’s hoe koorlede die Salisbury-katedraal verlig met kerse wat hulle vashou. Die diens begin met die Middeleeuse katedraal wat in totale donker en stilte gehul is voor die adventkers by die West End aangesteek word. Die jaarlikse adventdiens, wat ook Vrydag- en Saterdagaand gehou word, behels ’n kombinasie van musiek en voorlesings waartydens twee groot optogte by kerslig in verskillende dele van die eeue oue gebou beweeg. Teen die einde word die kerk deur amper 1 300 kerse verlig en is ’n skouspelagtige manier om die Kerstyd te begin.

’n Deelnemer wat soos Percht aangetrek is, probeer op 29 November naby Kirchseeon, Duitsland, ’n hond vertroetel. Perchten is die mitiese gevolg van Perchta, ’n godin in die antieke heidense tradisie in die suide van Duitsland. Dit is gewoonlik vreesaanjaende harige gediertes met tande en horings. Die tradisie dateer uit die 16de eeu en is ook verwant aan die tradisies van Krampus, Teifel, Klausen en La Befana, ook gediertes in dele van Duitsland, Oostenryk, Italië en die Switserse Alpe wat stout kinders moet bang maak.