Op 25 November word die Australiese krieketspeler Phillip Hughes van Suid-Australië deur ’n opslagbal getref en sak hy inmekaar. Dit het tydens ’n wedstryd tussen Suid-Australië en Nieu-Suid-Wallis om die Sheffield Shield in Sydney gebeur. Hy het twee dae later weens sy beserings gesterf.

Op 25 November in Ferguson, Missouri, keer betogers ’n polisiemotor om. Betogings het in onluste verander nadat ’n jurie aangekondig het die polisiebeampte Darren Wilson sal nie in die Michael Brown-saak aangekla word nie. Michael, ’n 18-jarige swart man, is dood nadat Darren, ’n wit polisiebeampte van Ferguson, hom op 9 Augustus geskiet het. Minstens 12 geboue is aan die brand gesteek en meer as 50 mense is tydens die onrus in hegtenis geneem.

’n Pakistanse boer lei sy bulle terwyl hy op 25 November op die noordelike dorpie Rawat aan ’n tradisionele wedren deelneem. Sowat 200 bulle neem deel aan die wedren op ’n veld van 400 m lank. Die boere ding mee om ’n geldprys.

Op 27 November in Jersey City, New Jersey, wag mense om by ’n JCPenney-winkel by die Newport-winkelsentrum in te kom. Verkope op Swart Vrydag, wat die aand van Dankseggingsdag begin, lok kopers danksy afgemerkte produkte.

’n Somaliese visserman dra op 24 November ’n hammerkophaai op sy kop van die hawe na ’n vismark op die Curuco-strand naby die hoofstad, Mogadisjoe. Somalië se kuslyn is langer as 3 025 km en vissery maak ’n groot deel van die Somaliese ekonomie uit.