Betogers slaap op 3 Oktober in Hong Kong buite die wetgewende regering se kompleks terwyl protesaksie voortduur. Duisende ondersteuners ten gunste van demokrasie beset steeds die strate om Hong Kong se finansiële distrik. Betogers het gedreig dat hulle met ’n sperdatum van vanaand hul veldtog sal uitbrei. Hulle soek oop verkiesings en die bedanking van Hong Kong se hoof, Leung Chun-ying.

Op 22 September in Madrid, Spanje, word die voormalige streekshoof van Madrid en hoof van die People’s Party, Esperanza Aguirre, by die Plaza de Castilla-hof deur ’n mikrofoon getref.

Op 24 September sit ’n Palestynse seun sy hande op ’n Israelse polisieman terwyl Israelse sekuriteitsmagte tydelik toegang verbied tot die Al-Aqsa-moskee in Jerusalem se Ou Stad. Daar het konflik uitgebreek toe Jode op die Joodse Nuwejaar die heilige plek besoek en Palestyne ontevrede was daaroor, het die polisie gesê.

Tydens konflik op 22 September tussen Koerdiese mense en Turkse soldate naby die Siriese grens hardloop ’n vrou weg van ’n waterkanon. Die Turkse owerheid het die grens tydelik gesluit, wat veroorsaak het dat jong Siriese Koerde wat hul familie na hul veiligheid in Turkye gelei het, nie weer na die front kon terugkeer nie. Volgens die Turkse owerheid het sowat 130 000 mense die grens met Sirië oorgesteek terwyl Koerdiese vegters die Islamitiese Staat beveg.

’n Orang-oetang en haar baba sit op 25 September in hul hok in die Pata-dieretuin in Bangkok, Thailand. Die dieretuin, wat geleë is op die sesde en sewende verdieping van die Pata-afdelingswinkel, lok kritiek van diereregte-aktiviste omdat dit beknopte, onvoldoende fasiliteite het. ’n Onlangse veldtog om Bua Noi, die dieretuin se enigste gorilla, te red, het meer as 35 000 handtekeninge ontvang en die hoof van Thailand se departement van Nasionale Parke, Wild en Plantbewaring het ingestem tot ’n ontmoeting met aktiviste om die saak te bespreek.

Op 22 September in Tehran marsjeer Iranse vloottroepe tydens die jaarlikse militêre optog op die herdenking van Iran se oorlog met Irak (1980-1988). Iran is ’n hoeksteen van stabiliteit in die Midde-Ooste in die gesig van “terroriste” wat die gebied teister, het die president, Hassan Rouhani, gesê voor hy na die Verenigde Nasies gereis het.

Red Crescent-lede lewer op 28 September by die Yumurtalik-grenspos in die Sanliurfa-provinsie in Turkye kos aan Siriese Koerde wat gevlug het van konflik tussen die Islamitiese Staat van Irak en Levant-militante en pro-Koerdiese magte.

Die Indiër Ram Singh Chauhan (61) spog op 24 September in Ahmedabad met sy snor van sowat 5 m. Die Gujarat Lok Kala-stigting gaan hom kroon as die man met die langste snor ter wêreld, iets wat Guinness World Records ook erken het.

Pres. Barack Obama luister op 2 Oktober in Washington, D.C. tydens die 37ste jaarlikse prysaand van die Congressional Hispanic Caucus Institute na ondervraers in die gehoor.

Die Amerikaanse akteur George Clooney en die Britse prokureur Amal Alamuddin kom op 29 September aan by die palazzo Ca Farsetti in Venesië vir ’n burgerlike plegtigheid om hul huwelik wettig te maak. Koop die Huisgenoot van 9 Oktober vir foto’s van die spogtroue.