Die webwerf funksioneer as ’n interaktiewe vloeikaart en gebruik data van die databasis Underlying Cause of Death wat deur die sentrum vir siektebeheer en –voorkoming in Amerika bestuur word.

Al wat jy moet doen, is om jou besonderhede in te vul en die algoritmes agter die verbasend kleurvolle webwerf sal die syfers aan jou verskaf.

Die vinnig-bewegende kaart begin met jou huidige ouderdom en simuleer waarskynlikhede sterftes (insluitend aan infeksie, kanker, endokriene (hormonale) siektes soos diabetes en geestes- en gedragsafwykings) – en hoeveel van jou tydgenote bly lewe totdat dit nul bereik.

“Elke kol verteenwoordig een van jou gesimuleerde lewens, en soos elke jaar verbygaan, gaan meer van jou gesimuleerde weergawes dood,” verduidelik Nathan.

“Kleure dui oorsaak van dood aan en die stafies aan die regterkant hou rekord van die ophopende persentasies. Teen die einde sit jy met die syfers wat jou kanse aandui om van elke oorsaak te sterf.”

Gaan loer hier daarna.

Bronne: flowingdata.com, Metro, The Sun

Lees ook op Huisgenoot.com:

3 kg haarbol uit vrou se maag verwyder ná sy 22 jaar lank haar hare kou

Buffels tref motor met ’n reuseslag toe leeus op trop jag maak

Kovsies maak skokaankondiging rakende hul rektor, prof. Jonathan Jansen

Christopher Panayiotou terug in hof ná nuwe feite glo aan die lig kom

Tweede verdagte in Winnie Rust-moordsaak vasgetrek