Al word volstruis as rooivleis geklassifiseer, bevat dit baie min vet wat dit soortgelik aan witvleis maak, sê Daleen.

Die voordele van rooivleis

  • Dit is baie laag in vet en bevat min cholesterol.
  • Dit is ’n goeie bron van yster.
  • Dit is ryk in sink.
  • Dit bevat genoeg kalsium en is baie ryk in vitamien B6 en B12.
  • Dit het ’n lae kalorie-inhoud per porsie vergeleke met ander bronne van dierproteïen.

Volstruis is veral goed vir mense met chroniese moegheidsindroom omdat vitamien B12 energievlakke verhoog. Daleen verduidelik dat Suid-Afrikaanse volstruisvleis hormoonvry en van ’n goeie gehalte is. Maar dit kan ’n aangeleerde smaak wees en as jy dit nog nooit geëet het nie, moet jy dit eerder in ’n roerbraai, slaai of hamburger eet.

Wanneer jy dit berei, moet jy in gedagte hou dat dit baie vinnig droog raak. Braai dit liggies in olyf- of klapperolie en moet dit nie oorgaar maak nie. As jy ’n volstruissteak eet, kan jy dit saam met bessies of pruime voorsit, want soet smake vergesel die vleis goed.

- Londiwe Dlomo

Ekstra bron: livestrong.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.