Dis 1 April! In die gees van gekkedag het ondernemings en mense reeds met grappe en poetse begin – party daarvan geloofwaardiger as ander. 1. Samsung se Blade Edge Vanoggend het die tegnoreus Samsung die Blade Edge bekendgestel, die eerste slimfoon-en-mes-kombinasie ter wêreld. Met die Blade Edge kan jy ’n gesprek voer terwyl jy kos sny of video-klets aanskakel om vir mense te wys wat jy sny. Die onderneming het selfs ’n blog-inskrywing wat eg lyk daaroor geplaas, kompleet met kenmerke en spesifikasies.

2. Pac-Man in Google Maps

Speletjiespelers sal hierdie een geniet! Vir gekkedag het Google ’n kaartaansig in die Pac-Man-styl bygevoeg. As jy aan die kant op Insert Coins klik, sal jy leidrade kry oor watter plekke jy moet opsoek om die kaarte in die Pac-Man-styl, met Pac-Man-spoke en Pac-Man self te sien. Nie net sal die kaart soos ’n Pac-Man-speletjie lyk nie; jy sal ook daar kan Pac-Man speel.

201503-dyan-tv-column-4-gif-01

3. Selfieskoene

Is jy al moeg daarvan om oral ’n selfiestok saam te piekel? Wel, hier is die oplossing: Die skoenonderneming Miz Mooz se selfieskoene sal sorg dat jy wonderlik lyk sonder die ongerief. Jy druk net jou foon by die poort aan die voorkant van jou regter- of linkerskoen in, lig dit tot op die regte hoek en druk die knoppie binne met jou toon om ’n foto te neem.

4. Google agterstevoor

Dit lyk of Google vanjaar alles uithaal! As jy nou na com.google gaan, sal jy sien die soekenjin is agterstevoor. Trouens, alles wat jy soek, sal agterstevoor vertoon word.

elgooG

5. Klimaatsverandering sal drake laat ontwaak

’n Navorsingspan het ’n verhandeling hieroor geskep wat veronderstel is om vandag in die wetenskapjoernaal Nature gepubliseer te word. Nou toe nou.

Screen-Shot-2015-04-01-at-1.43.19-pm