Alle tennisliefhebbers se oë gaan die volgende 10 dae op Wimbledon se hoofbaan gerig wees, want volgende Sondag word die mans-eindstryd beklink.

Nes die vroue en meisies van sokkerspelers is daar ook ál meer wags (die akroniem vir wives and girlfriends of high-profile sportsmen) wat langs die tennisbaan gaan sit. Hier is vyf vroue in die pawiljoen om dop te hou.

Mirka Federer

Mev. Federer is self ’n voormalige tennisspeler wat al die 76ste plek op die wêreldranglys het; sy het in 2002 afgetree. Mirka en Roger het twee stelle tweelinge: die meisies Myla Rose en Charlene Riva en die seuns Leo en Lennart.

Kim Sears

Andy Murray gaan al nege jaar uit met sy 26-jarige meisie. Sy het op die eerste dag van vanjaar se toernooi ’n stylvolle wit kantrok gedra. Andy het glo erken hy sou nie sonder Kim se ondersteuning Wimbledon verlede jaar kon wen nie (nadat hy in 2012 in die eindstryd teen Roger Federer verloor het).

Jelena Ristic

Die blondekop is die direkteur van haar kêrel, Novak Djokovic, se stigting. Die paartjie het in September 2013 verloof geraak en het in April vanjaar aangekondig hulle verwag hul eersteling.

Xisca Perello

Rafael Nadal het sy donkerkopmeisie, Maria “Xisca” Perello, ontmoet in Palma de Mallorca, aan die suidkus van Spanje. Hoewel sy selde langs die baan gekiek word, werk Xisca agter die skerms by Rafa se liefdadigheidstigting.

Ester Satarova

Tomas Berdych en sy Tseggiese meisie is korter as ’n jaar saam, maar hulle maak beslis ’n goeie indruk langs die baan.

Bronne: Vogue, Daily Mail