Praat van blokraaie en Elsie van Greunen sal jou alles daarvan kan vertel.

Jy kan maar sê sy ken die onderwerp kruis en dwars.

Sy het by nommer 1 500 ophou tel hoeveel blokraaie sy al die afgelope 30 jaar voltooi het.

Toe besluit sy om haar stokperdjie ’n stap verder te voer en begin ’n blokraaidatabasis opbou; dit trek nou al by die 100 000 items.

“Dit is so frustrerend wanneer ek blokraaie invul en ’n woord vergeet wat ek weet ek al mee te doen gehad het,” vertel die 66-jarige ouma in haar en haar 64-jarige man, Sakkie, se huis in Kempton Park.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.

Volg Huisgenoot op Twitter