Ivonne Trinidad se Fitbit Charge HR het een dag skynbaar probleme gegee. Volgens die fiksheidsmonitor was Ivonne voortdurend in die “vetverbrandingsone” waarin jou hartklop 60-70 persent van sy maksimumkoers is.

[caption id="attachment_117679" align="alignnone" width="600"]'n Fitbit is 'n toestel wat 'n persoon se fiksheid monitor. Foto: Fitbit.com 'n Fitbit is 'n toestel wat 'n persoon se fiksheid monitor. Foto: Fitbit.com[/caption]

Op een dag het sy ’n ongelooflike 10 uur in die verhoogde sone aangeteken sonder om enige ekstra oefening te doen. Dit was mos onmoontlik?

Lees ook: Al ooit gewonder wat doen suksesvolle sterre naweke?

Moedeloos met die toestel het haar man, David, hom tot Reddit gewend vir antwoorde.

“Ek is nie seker of iets met die sensor fout is nie,” het hy geskryf op die forum wat soos ’n aansteekbord is.

“Is daar ’n manier om die toestel te herstel of herkalibreer? Ek wil dit graag probeer voor ek klantediens kontak oor ’n moontlike vervanging.”

Kort voor lank het ’n ander Redditt-gebruiker daarop gewys daar is dalk niks met die Fitbit verkeerd nie.

Lees ook: Nooit meer in die bui nie? Dis dalk hoekom . . .

“Het sy die afgelope paar dae iets baie stresvol ervaar?,” het ThisIsUnplesant gevra. “Of is daar ’n moontlikheid dat sy swanger is?”

David was geskok. “Swangerskap is ’n sterk moontlikheid. Het nie geweet dit kan die hartklop versnel nie!” het hy geantwoord.

[caption id="attachment_117680" align="alignnone" width="590"]Groot was die paartjie se skok toe hulle uitvind Ivonne is swanger. Foto: Twitter Groot was die paartjie se skok toe hulle uitvind Ivonne is swanger. Foto: Twitter[/caption]

“Ek is dalk ’n pa, GOEISTE. Nou moet ek my eie hart se kloptempo dophou. LOL.”

Hy het sy vrou dokter toe gevat. En Ivonne verwag toe hul eerste kind. “Ons is nou ’n paar jaar getroud en een van ons planne vir 2016 was om hopelik met ’n gesin te begin,” het David aan Mashable gesê. “Maar die groot verrassing was dat dit so vinnig gebeur het en, natuurlik, dat die Fitbit ons dit help uitpluis het.”

Here is the pic of the screen that started it all! Mom and baby are doing ok. Spoke to the doctor yesterday.

A photo posted by David & Ivonne (@babyfitbit) on

Sedert hul storie soos ’n veldbrand versprei het, het David sy vriende aanlyn verseker dit was nie net ’n slim bemarkingsfoefie vir die fiksheidsmoniteringsonderneming nie.

“Ek wou net sê dit is inderdaad eg,” het David in ’n latere inskrywing gesê.

“Dit is nie guerrillabemarking nie . . . Ek is ’n gewone ou wat net die gemeenskap se hulp gesoek het met sy vrou se tegnologieprobleem (ons het dit mos al almal beleef?). Min het ek geweet ek het baie meer gekry as waarop ek gehoop het!”

Natuurlik wil die egpaar die wêreld op die hoogte hou. Hulle het ’n Instagram- en Twitter-rekening geskep om hul babanuus onder die naam @babyfitbit te deel.

Kom ons hoop hulle heroorweeg die naam voor Ivonne die lewe skenk.

Bronne: Mashable, Jezebel, Buzzfeed

Lees ook op Huisgenoot.com

Gys de Villiers ontsenu in nuwe rillerprent

Suzelle se Valentynsplanne loop liederlik skeef!

Martin Bester bekoor in nuwe musiekvideo

Sterre skitter by Bolandse première van Vir Altyd

Sexy Bobby slaan asems weg met Engelse musiekvideo