Ontmoet vir Lure Hsu, ’n binnenshuise ontwerper van Taiwan, wat meeste van die tyd soos ’n tiener lyk. Maar moenie dat haar voorkoms jou flous nie: Lure is eintlik oud genoeg om die ma van ’n tiener te wees!

Love it! #macsjyp #??? #lurehsu

A post shared by ??????? (@lurehsu) on

Die 41-jarige Lure het roem verwerf nadat sy in 2015 op ’n vermaaklikheidsprogram verskyn het. 

Haar jeugdige voorkoms het kykers so verstom dat haar aantal aanhangers op Instagram aansienlik gegroei en sy ’n aanlynsensasie geword het. 

Maar wat is die geheim tot haar teenverouderingsukses?

??#lurehsu #??? #adidasoriginals #burberry

A post shared by ??????? (@lurehsu) on

Sonskerm.

“’n Sonbruin vel is droër en kry makliker klein kolletjies en fyn lyntjies,” sê sy.

En dis nie al geheim nie (koffie-liefhebbers gaan mal wees oor dié een!): Sy sê koppies swart koffie en ’n gesonde dieet van vrugte en groente speel ook ’n belangrike rol – en sy vermy ook gemorskos soos die plaag.

??????????????...???????????#lurehsu #??? #thombrownesunglasses #ithk #allsaintstaiwan

A post shared by ??????? (@lurehsu) on

Hm, ’n lewe van eindelose verwondering oor jou jeugdige voorkoms in ruil vir nooit weer aan burgers en tjips weglê nie?

Ons weet darem nie . . . 

Bronne: allure.com, w24.co.za