Jy het Kobus Galloway dalk nog nooit ontmoet nie, maar die kanse is goed dat hy jou al laat lag het.

Bespreek vir Skouspel!

Kobus is die meesterbrein agter die skreeusnaakse en pittige strokies van Idees Vol Vrees wat ook in die Huisgenoot gepubliseer word.

Dié 25-jarige grafiese kunstenaar skerts ligweg saam met ons oor sy persoonlike lewe.

Hier volg ‘n paar kitsfeite oor Kobus:

1) Idees Vol Vrees is op 25 Februarie 2011 gestig en is reeds in verskeie publikasies insluitende Huisgenoot gepubliseer. Dit is ook al verskeie kere sonder Kobus se medewete op T-hemde gedruk.

2) Kobus is ‘n grafiese ontwerper en illustreerder by Huisgenoot, YOU en Drum. Hy is so mal oor sy werk dat hy soms vergeet om huis toe te gaan.

3) Hy het grafiese ontwerp deur die pos gestudeer en het eers bekendheid verwerk vir sy strokiesprent; Skorsie en Das.

4) Hy kan vlieg. (Mits hy in ‘n vliegtuig/sweeftuig is)

5) Humor is nog altyd deel van sy lewe en op skool is hy aangewys as die klas-hanswors. Hy wou eers by die sirkus aansluit maar is allergies vir leeuhare.

6) Hy het 'n regte egte webtuiste.

7) 30,766 mense “like” sy Facebook-groep. Dit is byna 29 475 meer as David Hasselhoff.

8) Hy sing beter as Celine Dion. (Hierdie kon nie bevestig word nie)

9) Daar sal binnekort ‘n Idees Vol Vrees-boek op die winkelrakke wees met sowat 150 sketse waarvan ‘n hele klomp splinternuut is. Kobus hoop dit is meer suksesvol as die Harry Potter-reeks.

10) Hy was al op ‘n episode van die Casper Rasper Show. Sy grootste droom was om op Oprah te verskyn.

Sommige van Kobus se sketse:

[gallery link="file" order="DESC"]