Nog ’n bisarre optiese illusie foto word versprei – en dit is dalk die vreemdste een nog. Dit gons tans op die internet oor die foto wat die gebruiker @leonardhoespams verlede maand en die Twitter-gebruiker @kingkayden gister gedeel het van ’n paar bene wat blink.

Maar is dit blink bene wat jy sien? By die foto, wat intussen vinnig aanlyn versprei het, staan geskryf: “Is hierdie blink bene of bene met wit verf daarop?” Talle opinies en idees hieroor en natuurlik aanlyn gevolg.

Maar Tom Toppino, ’n sielkundige, het aan Metro.co.uk gesê daar is ’n goeie wetenskaplike rede hoekom ons nie weer kan sien wat ons oorspronklik gesien het nie. “Wanneer die toneel weer teëgekom word, sal sensoriese leidrade weer die inligting identifiseer, maar dié keer is die vooraf kennis wat nodig is om dit waar te neem reeds daar, en die perseptuele interpretasie gebeur dus op ’n outomatiese en dalk selfs onvermydelik wyse.” Of net pleinweg: “As ons eers die waarheid weet, kan dit gewoonlik nie ongedaan gemaak word nie.” En net om jou uit jou ellende te help, dit was wit verf soos die oorspronklike inskrywing toon:

Ai!