In ’n foto-reeks wat op aanlyn forums opgespoor is, het Bored Panda gekyk hoe ’n mens se voorkoms kan verander as jy oor ’n lang tydperk gereeld alkohol drink. Dit wys ook wat gebeur as jy ophou.

[caption id="attachment_159838" align="alignnone" width="600"]7 maande nugter. FOTO: ghostbackwards/Reddit 7 maande nugter. FOTO: ghostbackwards/Reddit[/caption]

Die foto’s is oorspronklik op Reddit en Imgur gedeel. Sommige eksdrinkers se foto’s het sedertdien soos ’n grasbrand aanlyn versprei. Die mense is feitlik onherkenbaar op hul ná-foto. Die vlekkerige, rooi neuse en oortollige rolle het eenvoudig verdwyn.

Dis nie duidelik hoeveel die mense aanvanklik gedrink het nie, maar die liggaamlike verandering is merkwaardig.

“Ek is ongelooflik dankbaar dat ek vandag my tweejaarskyfie kon kry,” het die Reddit-gebruiker silverladder geskryf. “My lewe is 180 grade anders as waar ek net twee jaar gelede was. Ek is dankbaar oor nugterheid en vir ’n tweede kans.”

[caption id="attachment_170126" align="aligncenter" width="600"]nIJV0Dd FOTO: Reddit/silverladder[/caption]

Die gebruiker brittsuzanne se byskrif by haar voor- en ná-foto lui: “Ek het op 6 Januarie 2016 die wodkabottel neergesit en op 11 Januarie by ’n rehabilitasiesentrum ingeskryf. Tans agt en ’n half maande nugter en 16 kg ligter. Ek voel weer soos my ou self.”

[caption id="attachment_159841" align="alignnone" width="600"]FOTO: Reddit/brittsuzanne FOTO: Reddit/brittsuzanne[/caption]

Alkohol verrinneweer nie net jou pragtige gesig nie; volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar ’n verband tussen drankgebruik en ’n oormaat van geestes- en gedragsafwykings.

“Dis welbekend dat daar ’n verband bestaan tussen alkoholinname en -afhanklikheid en ook nie-oordraagbare toestande, soos lewersiektes, sekere kankersoorte, kardiovaskulêre siektes en beserings weens geweld en/of padongelukke.”

Op die webtuiste is ook opgemerk daar is “toevallige verbande tussen die nadelige gebruik van alkohol en die voorkoms van aansteeklike siektes, soos tuberkulose en longontsteking, sowel as die beloop van MIV/vigs.

“Benewens die drinker, hou die skadelike gebruik van alkohol ook vir ander mense beduidende negatiewe gesondheid- en sosiale gevolge in.”

Hier volg ’n klompie ongelooflike veranderings:

[caption id="attachment_159843" align="alignnone" width="600"]FOTO: Reddit/size16french FOTO: Reddit/size16french[/caption]

“Hierdie eerste foto is ’n selfie wat ek op 1 Februarie 2016 in die ongevalle-afdeling geneem het, die dag dat ek in die hospitaal opgeneem is. Hier begin my reis na herstel. Die tweede foto is op 30 Julie 2016 geneem, presies ses maande ná die eerste een. Ek het pas ’n fietsrit van 33 myl afgelê – ’n myl vir elke jaar van my lewe.”

size16french

[caption id="attachment_159844" align="alignnone" width="600"]FOTO: Reddit/ dr_dan_is_sober FOTO: Reddit/ dr_dan_is_sober[/caption]

“Hier (links) is ek, my lewe aan flarde, net een en ’n half jaar gelede. Hier (regs) is ek verlede maand. Baie, baie, baie dinge het in net ’n jaar en ’n half verander. Ek is baie dankbaar teenoor myself dat ek hierdie moeilike pad gekies het. En die ‘toekomstige ek’ is baie bly dat ek vandag steeds nie drink nie.”

dr_dan_is_sober

[caption id="attachment_159845" align="alignnone" width="600"]FOTO: Imgur/MEATTEO FOTO: Imgur/MEATTEO[/caption]

“Vyfhonderd dae nugter. Een dag op ’n slag.”

MEATTEO