In die Amerikaanse deelstaat Florida is ’n dooie vlermuis is in ’n sak slaai gekry – nadat die twee mense wat daarop afgekom het reeds van die slaai geëet het.

Die ontstelde eters het die polisie in kennis gestel nadat hulle die dooie hoefystervlermuis gekry het in die Organic Marketside Spring Mix wat hulle by ’n Walmart-supermark gekoop het.

Die knaagdier is na die Amerikaanse sentrum vir die siektebeheer gestuur om vir hondsdolheid getoets te word, maar omdat dit al te ver ontbind was, kon hulle nie die nodige toetse uitvoer nie.

Die sentrum het mense wel aangeraai om sulke slaaipakke te vermy.

Al is dit “uiters ongewoon” om die siekte op te doen deur ’n besmette dier te eet, is die twee mense vir behandeling gestuur.

“Albei se gesondheid is goed; nie een toon enige teken van hondsdolheid nie,” sê die sentrum.

Fresh Express, die onderneming wat die slaai verpak, het sedertdien as voorsorgmaatreël ’n beperkte herroeping bekendgemaak van slaaie wat verkoop word in ’n deursigtige houer en ’n aanbevole gebruiksdatum van 14 April het. Hulle sê klante wat vlermuislose slaai gekry het is veilig, maar kan steeds al hul geld terugkry. Natuurlik is liefhebbers van vooraf verpakte slaai op hol oor die nuus. Veral op Twitter word daaroor gepraat.

Het jy al iets grillerigs gekry in kos wat jy gekoop het? Stuur 'n e-pos na web@huisgenoot.com.

Bronne: The Guardian, PRNewsWire, ABC, Miami Herald