Die grootste koninklike troue in 30 jaar vier Huisgenoot met 30 bladsye gelaai met pragfoto’s en prikkelende brokkies van alles wat jy nog nie weet nie.

Soos die geskiedenis van die tiara waarmee Kate met soveel grasie die Westminster-abdy binnegestap het vir die sprokieshuwelik tussen haar en haar prins.

Ons vertel hoe die troukoek met sy agt lae saamgestel is en wat elkeen van die 17 verskillende bloeiselsoorte waarmee dit versier is, beteken. (En daar's iets oor prins William se kleiner sjokoladekoek.)

Daar is ook ’n kykie na die glansmense wat gelukkig genoeg was om die geleentheid by te woon en die modes wat wêreldwyd asems weggeslaan het.

Moenie Huisgenoot van 12 Mei 2011 misloop nie. Dis ’n versamelaarsitem wat jou weer in sprokiesverhale gaan laat glo. Dit is vanaf 6 Mei in Kaapstad beskikbaar en vanaf 9 Mei landwyd.