Kate het, nes prinses Diana toe sy dertig jaar gelede saam met prins Charles voor die kansel gestaan het, nie belowe om haar man te gehoorsaam nie.

Sy het gevra dat die woordjie “obey” in haar troubelofte weggelaat word. Sy het net belowe om prins William lief te hê en te koester.

Toe Diana voor die kansel gestaan het, het sy per abuis deurmekaar geraak met die volgorde van Charles se name.

Gelukkig het Catherine Elizabeth Middleton vandag onthou dat dit William Arthur Philip Louis Windsor is wat die ring aan haar vinger gesteek het.